Covid-19 in SA: Só lyk die syfers nou

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.

Die infeksiesyfer het oornag met 18 503 meer geword. Daar is nou in totaal 1 296 806 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 35 852 en 1 049 740 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 7 433 571 toetse vir die virus doen.