Kyk, video wys alkohol wat uit polisievoertuig gelaai word

Deel hierdie storie / Share this story

PARKTOWN. – ’n Video is op sosiale media rondgestuur waarin gesien kan word hoe alkohol uit ’n polisievoertuig gelaai word. Die video is onder die aandag van die bestuur van die polisie gebring.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê die SAPD-mediamonitoringspan van Gauteng neem kennis van die video. Volgens Peters is ’n dringende ondersoek van stapel gestuur om die ligging van die toneel en die identiteit van die persone in die video vas te stel, asook aan watter polisiekantoor die voertuig behoort.

Aan te hou om mense rapporteer

Die ondersoek het gelei tot die opening van ’n saak oor die gebruik van ’n motorvoertuig sonder toestemming van die eienaars en die oortreding van die aangepaste vlak 3-regulasies van die wet op rampbestuur teen ’n lid van die Suid-Afrikaanse polisiediens.

“Lede van die publiek word aangemoedig om aan te hou om mense te rapporteer wat nie die regulasies nakom nie, veral as die oortreders lede van die SAPD of ander wetstoepassingsagentskappe is. Moenie vrees nie. Niemand is bo die wet verhewe nie,” sê die waarnemende provinsiale polisiekommissaris van Gauteng, generaal-majoor Tommy Mthombeni.

https://www.facebook.com/megan.lubke/posts/10160590621276754