Die alkoholverbod kan ‘belastingopstand’ veroorsaak

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. –  Die alkoholindustrie vra die regering om vanjaar genadig te wees met aksynsbelasting wat betaal moet word.

Volens Eye Witness News gaan die alkoholindustrie eenvoudig nie geld hê om hul aksynsbelasting te betaal nie, as gevolg van die verbod wat deur die regering op die verkoop van alkohol geplaas is. Dit kan ’n massiewe impak op die staat se finansies hê en kan lei tot ’n “belastingopstand”. Dit is amper tyd vir Tito Mboweni, minister van finansies, om die belastingvoorstelle in sy begroting bekend te maak.

Richard Rushton, ’n groep- uitvoerende hoof by Distell, het gesê die drankbedryf verkeer onder druk. “Ons betaal ongeveer R2 miljard per maand aksynsbelasting aan SARS. Ons gaan deur ’n moeilike tydperk met die verbod. Kleinhandelaars sit op voorraad en kan dit moontlik nie betaal nie, wat beteken ons gaan nie vir SARS kan betaal nie, daarom vra ons vir uitstel van die bedrae.”