CENTURION. – ’n Pa van ’n twee dae oue baba is toegesluit omrede hy buite die ure van die aandklokreël gehaas het om formulemelk by ’n hospitaal te gaan koop.
Volgens Times Live sê die man se prokureur, Lily Rautenbach, het hy Vrydagnag om eenuur na die Netcare Unitas-hospitaal se apteek gehaas om vir sy twee dae oue baba formulemelk te koop.
Die baba is op die 6de Januarie gebore en is saam met die ma op die 7de Januarie ontslaan. Volgens die pa het die ma gesukkel om die baba te borsvoed en hy moes ry vir die formulemelk. Rautenbach sê polisiebeamptes het die man op pad huis toe afgetrek. Die man het aan die polisiebeamptes sy situasie verduidelik, maar is steeds 500 m van sy huis af gearresteer.
Die ma moes me haar baba na die toneel stap
Die ma was glo forseer om haar twee groter kinders alleen by die huis te los en te stap met haar baba na die toneel om die formulemelk en die kar se sleutels te kry.
Die man is die volgende dag met ’n waarskuwing vrygelaat en sal binnekort in die hof verskyn. Polisiewoordvoerder, brig. Mathapelo Peters, het bevestig die polisie is besig om die saak te ondersoek.



