January 24, 2021

Kyk jou baba televisie?

Fot: Workingmother.com

As mamma moet jy seker maak jou kleinding is versorg en gelukkig. Baie mammas draai na die televisie om kleintjies gelukkig te maak, veral wanneer babas moeilik raak en daar is talle ander goed wat wag om gedoen te word.

Volgens Healthline is kundiges se advies aan mammas om hul kleintjies eers van die ouderdom van 18 maande toe te laat om ’n beperkte hoeveelheid skermtyd te kry.

Redes vir beperking van skermtyd:

  • Beïnvloed jou kind se brein ontwikkeling negatief. ’n 2019-studie het getoon ouers moet versigtig wees om kleintjies aan skerms bloot te stel omrede dit die kind se breinontwikkeling negatief kan beïnvloed en ’n probleem met die kind se taal- en letterkundige vaardighede kan veroorsaak.
  • Veroorsaak dat kind langer neem om te praat. Kinders wat televisie kyk, ontvang net heeltyd inligting en neem nie deel daaraan nie. Wanneer hy/sy met ’n ouer praat neem hy/sy deel en oefen so sy/haar taalvaardighede.
  • Veroorsaak min slaap. Kinders wat toegelaat word om voor slapenstyd voor die skerm te sit, kan sukkel om aan die slaap te raak.

Soos vroeër voorgestel deur kundiges is dit wenslik om babas eers op ouderdom van 18 maande aan skerms bloot te stel. Tussen die ouderdom van 18 tot 24 maande moet kinders beperk word tot een uur se skermtyd ’n dag, saam met ’n ouer mens.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *