January 24, 2021

‘Sit jou TV en radio af, dan is Covid ook weg!’- mening

Foto: Pixabay

Verskeie gerugte wat sê die Covid-19-pandemie is ’n klug, doen die rondte.

Die pandemie word glo net gebruik om groot veranderinge in ons wêreldekonomie te bring.

Franna Bothma, ’n FiND iT-leser, sê hy glo dit. “Covid-19 bestaan, maar nie naastenby so erg soos hul ons laat glo nie. Sit jou TV en radio af en daar is Covid-19 ook weg.”

Willie Snyman versoek die mense om Openbaring 17 en 18 in die Bybel te bestudeer. “Hulle gaan die wêreld se ekonomie in duie laat stort en dan volle beheer van alles verkry.”

André van Jaarsveld glo ook die groot “reset”-plan is waar en sê alles word beplan en die media versprei vals inligting. Hy sê dit is alles net propaganda om die wêreld bang te maak. “Covid-19 is waar en is dodelik vir sekere mense, maar kom nog nie by ander siektes se sterfgevalle uit nie”.

Tanya Brits stem saam dat Covid-19 beplan is en sê die virus bestaan rêrig, maar was geplant. Johanna Potgieter vertel sy het haar pa die 10de November aan Covid-19 verloor en wat dit vir haar meer hartseer gemaak het, was die feit dat niemand toegelaat was om vir hom te gaan kuier nie en hulle het nie die kans gehad om hom te groet nie.

Barend van der Merwe glo weer nie daarin nie en sê: “Mense sal die groot reset-teorie glo, want hulle glo aan pratende slange en mense wat op water loop.”

Baie menings sê Covid-19 is eg en gevaarlik, maar dit was beplan om ’n groter bose plan uit te voer.

Wat dink jy?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *