January 24, 2021

Die swart strand is met glas ingekleur

Foto: Siberiantimes.com

Rusland. – Op hierdie strand is besoedeling omgekeer en deel van sy besonderse natuurskoon gemaak.

Volgens Irish News is dié strand, Steklayshka, vroeër jare as ’n stortterrein vir ’n nabygeleë porseleinfabriek en glasbottels gebruik.  Die golwe van die see het al die skerp kante van hierdie gebreekte stukke glas verweer en gladder gemaak. Die strand se swart vulkaniese sand laat die gekleurde glasklippies net meer uitstaan. In die winter kontrasteer die wit sneeu weer teen die gekleurde klippies.

 Die strand is ’n baie bekende toeristeattraksie en staan bekend as die gekleurde strand.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *