Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 17 421 meer geword. Daar is nou in totaal 1 231 597 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 33 163 en 966 066 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 7 183 893 toetse vir die virus doen.



