Staan finansies in jou pad om verder te gaan studeer?

Deel hierdie storie / Share this story

Nie almal kry die voorreg om verder te gaan studeer nie. Om na skool te gaan leer, kan ‘n groot uitgawe wees. Nie alle ouers kan dit bekostig nie. Moenie dat dit in jou pad staan nie. Daar is baie dinge wat jy as matrikulant kan doen om jou kanse op ‘n beter toekoms te verseker.

Wat kan jy doen?

Beplan vooruit
Of jy nou in matriek is en of jy net besluit het jy wil begin leer, moet jy vooruit beplan. Doen navorsing oor hoeveel die kursus gaan kos. Vergelyk verskillende universiteite se studiegeld en kyk watter een jou die beste onderrig gaan bied. Sodra jy weet hoeveel geld jy benodig, kan jy jou begroting begin uitwerk.

Doen aansoek vir beurse
Moenie net by een beurs aansoek doen nie. Doen navorsing oor verskillende beurse en ook oor organisasies wat beurse aanbied.

Maak ekstra geld
Begin al ‘n jaar of twee voor jy moet begin studeer, spaar. Kry maniere om ekstra geld te maak. Gee ekstra klasse, verkoop koekies of doen inkopies vir bejaarde mense.

Stel vir jouself doelwitte
Stel vir jouself ‘n doelwit vir wanneer jy wil begin leer. Gaan werk eers vir ‘n jaar of twee en spaar geld. Oorweeg dit ook om te werk terwyl jy leer.