Inwoner plant boom in gat in straat

Dié boom wat in ’n gat in ’n straat in Kimberley geplant is, laat motoriste tog te lekker lag. “Die mense ry mooi om die boom. Party neem tot foto’s saam met die boom in die straat,” sê ’n inwoner wat vanoggend daar verby gery het.

“’n Inwoner het nou maar ’n boom gaan plant in die slaggat wat hy en sy tuinhulp al hoeveel keer vol grond gaan gooi het. Dit is op die hoek van Jan Hofmeyer en Swannsweg waar die klein oop myn is,” lui ’n inskrywing op Facebook.

’n Kimberley-inwoner het die inskrywing op een van Kimberley se Facebook-blaaie geplaas. Baie inwoners het al self begin inspring en gate in paaie begin toemaak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *