Savanna ondersteun nie nuwe uitdaging nie

Deel hierdie storie / Share this story

Savanna het in ’n verklaring gesê hulle word op sosiale media aangeval oor onverantwoordelike gedrag nadat Savanna-gebruikers foto’s van hulself waarin hulle Savanna-bottels op hulle kop, ken en rug balanseer, plaas.

Sosialemediagebruikers blameer nou dié handelsmerk en die gebruikers daarvan vir die land se teruggekeer na vlak drie.

Eugene Lenford, Savanna se bemarkingsbestuurder, sê hierdie uitdaging is deur verbruikers geïnisieer en gebruik die handelsnaam in hashtags, maar word geensins deur die Savanna-handelsmerk ondersteun nie.