August 4, 2021

Drink melk en kaneel voor jy saans gaan slaap

Sukkel jy om saans aan die slaap te raak?

Drink elke aand voor jy gaan slaap ’n glasie warm melk met kaneel in. Die kaneel verrig wondere om jou spiere te laat ontspan en spanning uit jou liggaam te verwyder.

Die kalsium en kalium wat in die melk voorkom, help om jou bloeddruk te verlaag. Die kaneel verminder die vlakke van slegte cholesterol, terwyl die vlakke van goeie cholesterol verhoog word.

Bestanddele:
1 koppie melk
⅓ teelepel kaneelpoeier
vanielje-ekstrak
heuning

Verhit melk in ‘n kastrol op die stoof op medium hitte.
Voeg dan die kaneelpoeier by en roer dit ‘n minuut voordat jou ‘n druppel of twee vanielje-ekstrak byvoeg.
Giet die melk in ‘n glas en voeg heuning na smaak by.
Drink warm om die voordele daarvan te kry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *