’n Deense kinderprogram, John Dillermand, gaan oor ’n man met ’n massiewe penis. In die program gebruik hy sy penis om daaglikse take uit te voer.
Die internet beskryf die program as ’n reeks wat kinders leer hoe belangrik dit is om swaarkry te oorkom en hoe om verskillende liggaamstipes te vier.
DR, die netwerk agter die reeks, sê met die reeks erken hulle die nuuskierigheid wat kinders oor die liggaam en geslagsdele het. Hulle sê hierdie tipe dinge is opwindend vir die ouderdomsgroep, 7-10, wat hulle teiken.



