NOORD-KAAP. – Die Sol Plaatje-munisipaliteit het in ‘n verklaring op Facebook gesê daar is tans ‘n kabelfout by Riverton-suiweringsaanleg, wat hulle vermoë om water na die stad te pomp, beïnvloed.
“Ons elektrisiëns vervang die betrokke kabel, maar dit het ‘n negatiewe invloed op ons opbergingsvlakke by Newtown-reservoir. Newton-reservoir is tans afgeskakel en sal hervat word sodra ons vanaf Riverton begin pomp.”
Die munisipaliteit doen ‘n beroep op almal om water spaarsamig te gebruik. Die wateronderbrekings in die nag sal ook voortduur totdat die vlakke by Newton gestabiliseer is.



