January 24, 2021

2020 was nie die einde van aan lyn leer vir studente nie

Foto: Pixabay

Na verwagting sal universiteite in Suid-Afrika nie dadelik studente kan toelaat om terug te keer klas toe in 2021 nie.

Volgens All4Women het professor Ahmed Bawa, die uitvoerende hoof van Universiteite Suid-Afrika, gesê 2021 gaan dalk dieselfde wees as 2020, as gevolg van die koronavirus was universiteite forseer om in 2020 van die aanlyn klasse gebruik te maak.

Bawa het ’n versoek aan universiteite gerig om seker te maak die eerstejaarsstudente kry al die nodige bystand. Die universiteite is verantwoordelik om oriëntasieprogramme aan die studente te bied. Dit is om hulle te leer hoe om die aanlyn metode van klasloop te gebruik. Sommige universiteite sal toegelaat word om slegs eerstejaarstudente op kampus toe te laat vir die oriëntasieprogram. Die studente gaan toegang tot rekenaars en internet benodig.

Die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, het die Universiteit van Suid-Afrika in kennis gestel om sy eerstejaarinname met 20 000 te verminder om te verseker dat die Nasionale Studente- finansiële hulpskema nie oorlaai word nie.

Bawa het gesê: Ek dink nie dit gaan ‘n maklike jaar wees nie. Tot tyd en wyl ons ‘n werkende entstof het, sal ons daarop moet vertrou om flink te wees en met die situasie te kan werk. Ons moet probeer om seker te maak die koronavirus versprei nie op ons kampusse nie”.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *