January 24, 2021

Planeet aarde se armste president met ’n hart van goud

Foto: The Culture Trip

José Mujica, die gewese president van Uruguay, staan bekend as die wêreld se armste president.

Volgens Culture Trip is Mujica in 2010 as president van Uruguay gekies. Hy het nie net ’n klein donasie aan liefdadigheidsorganisasies gegee soos meeste ander politieke leiers nie. Hy het 90% van sy salaris aan minderbevoorregte mense geskenk tot en met hy in 2015 afgetree het.

Volgens berigte sou ’n mens nooit kon raai die man was ’n president nie. Hy het glo in ’n klein huisie gewoon en ’n 1987 Volkswagen gery. Hy het in 2012 gesê hy mag dalk soos ’n egosentriese ou man lyk, maar hy doen dit uit vrye wil. ‘Met minder besittings kom minder stres.”

Na sy aftrede is hy steeds te vinde op sy klein stukkie grond, in sy vervalle huisie, besig met sy eie persoonlike tuin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *