Seun (7) red sussie uit brandende huis

Deel hierdie storie / Share this story

TENNESSEE. – Eli Davidson (7) het op 8 Desember deur ’n venster geklim en sy babasussie gered nadat hulle huis aan die brand geslaan het.

Ouers Nicole en Chris Davidson het hul drie kinders bed toe gestuur en is self om 20:30 bed toe. ’n Paar uur later het die ma van die rook wakker geword en het gevind die huis was reeds aan die brand.

Hulle kon Eli en hul 2-jarige seun, Elia, na veiligheid bring, maar kon nie by Erin se kamer uitkom nie. Haar kamer was reeds deur vlamme omring.

Eli het toe deur sy sussie se venster geklim en die baba uit haar bedjie gehaal en haar na veiligheid geneem.

Ongelukkig het die gesin se huis heeltemal afgebrand.