Neem elke oggend ’n paar minute vir jouself

Deel hierdie storie / Share this story

Stres is deel van almal se alledaagse lewe. Niemand kan stres vermy nie. Dit die manier hoe jy stres hanteer wat van persoon tot persoon verskil.

Wanneer ons stres, word die hormoon kortisol vrygestel. Hierdie hormoon is verantwoordelik vir ons “vlug en veg” aksie. Party ondervind konstante hoë vlakke van stres. Dit kan veroorsaak dat jou hart vinniger klop, jy gewig rondom jou middel optel en aknee op die vel van die kakebeen kry.

Positiewe dinge

Raak ontslae van hierdie stres deur elke oggend ’n paar minute vir jouself te neem. Sit alles alleen, buite, op jou bed of staan voor die spieël. Probeer hierdie minuut aan positiewe dinge dink wat in jou lewe plaasgevind of plaasgevind het.

Probeer die volgende minuut aan niks dink nie. Maak jou gedagtes skoon. Hierdie kan ’n moeilike stap wees en dit gaan tyd neem om dit korrek uit te voer.

Vermy sosiale media

Stel vir jouself doelwitte op in die volgende minuut. Dit kan korttermyn doelwitte wees vir die dag of langtermyn doelwitte vir die week wat voorlê.

Wanneer jy opstaan, vermy vir die eerste paar ure sosiale media. Ons brein is gemaak om op die negatiewe dinge te fokus. Vermy dus sosiale media wat negatiewe gedagtes by jou kan opwek.

Tyd vir jouself is baie belangrik, al is jy hoe besig. Neem hierdie tyd en dink meer positief.