Ken jy ’n piromaan?

Foto: Pixabay

Soos ons almal weet, is vuur gevaarlik en kan verwoesting saai, maar daar is mense wat plesier vind wanneer ’n brand gestig word.
Volgens Psychology Today is piromanie ‘n seldsame, patologiese afwyking wat gekenmerk word deur ʼn obsessie met vuur. Mense met piromanie word gefassineer deur vuur. Hulle ervaar bevredigende gevoelens, soos die vrylating van angs, wanneer ’n vuur gestig word.

Simptome sluit in ‘n aantrekkingskrag tot vuur, die doelbewuste aansteek van ’n vuur of vure, hulle voel opgewonde of gespanne net voor ‘n vuur aangesteek word, en voel verlig of plesier in die nasleep van ‘n brand.
Mense met piromanie het gewoonlik ‘n oormatige hoeveelheid aanstekers en brand gereeld gate in huishoudelike items soos matte en banke. Sommige besoek ook gereeld brandweerstasies.
Die oorsaak van piromanie is nog onbekend, aangesien dit baie skaars is. Wetenskaplikes het wel al bevestig dat dit gepaard gaan met ander psigiatriese toestande, dwelmmisbruikversteurings en sommige wetenskaplikes glo dat dit geneties is.


Mense wat gediagnoseer word met piromanie is ’n gevaar vir hulself en die samelewing. Die enigste behandeling wat werk vir die afwyking is
kognitiewe gedragsterapie. Dit help ook om die persoon bloot te stel aan mense wat brandwonde opgedoen het en hulle dan te leer van die veiligheidsmaatreëls van vuur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: