January 24, 2021

Hoe jy ’n blaaskans van sosiale media kan neem

Foto: Pixabay

Die meeste van ons kan nie ’n dag sonder sosiale media wees nie. Soms laat sosiale media jou sleg voel omrede jy nie kan fokus op dit wat belangrik is nie. Weet jy wanneer en hoe om ’n breuk van sosiale media te neem? Volgens die Insider het sosiale media ’n positiewe sowel as ’n negatiewe impak op ons lewens.

Sosiale media verbind ons almal en hou ons op hoogte met wat in die wêreld aangaan. Dit kan ook lei tot depressie, lae selfbeeld, eetversteurings en dit bevorder ook kuberafknouery. Sosiale media skep ’n illusie van die gewenste lewe en is eintlik net ’n breukdeel van die werklikheid. Ons vergelyk ons eie lewens en onsself met ander op sosiale media en is dus nooit tevrede nie.  Dit kan baie moeilik wees om ’n breuk van sosiale media te neem, aangesien dit deel van ons daaglikse lewens is. Dit verg deursettingsvermoë.

Die volgende is ’n paar wenke oor hoe om dit te doen

  • Sit all jou sosialemediakennisgewings af. As iemand van jou plasing hou of kommentaar daarop lewer, dien dit as ’n positiewe stimulus. Dit trek dan jou aandag en op die ou einde het jy alles waarmee jy besig was gelos vir sosiale media.
  • Prioritiseer selfversorging. As jy voel jy wil na sosiale media gaan, doen eerder iets anders wat goed is vir jou liggaam. Gaan stap met jou honde, lees ’n boek of gaan kuier by ’n vriendin.
  •  Maak seker jy sit jou foon ver van jou af as jy gaan slaap. Dit is net om seker te maak dat jy nie deur sosiale media blaai voor jy gaan slaap nie. Dit sal jou ’n beter nagrus gee.
  • Wanneer jy nou weer terugkeer na die gebruik van sosiale media moet jy gebruik maak van die instelling waarmee vandag se slimfone uitkom. Die instelling laat jou toe om jou foon te stel op die hoeveelheid tyd wat jy op ’n toep mag spandeer.  Jou foon sal jou laat weet as jy jou skermperk bereik het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *