Bakkie en motor gesoek na transitoroof

RANDFONTEIN. – Die polisie benodig die publiek se hulp in die opsporing van ’n wit Ford Ranger-bakkie en ’n silwer BMW-motor wat glo as wegkomvoertuie gebruik is tydens ’n transitoroof wat vanoggend plaasgevind het.

Die rooftog het op die R28 Main Reef-pad in Mohlakeng plaasgevind. Albei voertuie is as wegkomvoertuie gebruik deur verdagtes wat met ’n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug het.

Vanoggend omstreeks 09:00 het lede van die Bekkersdal-polisiekantoor op die transitoroof, wat reeds aan die gang was, afgekom. Die lede was besig om verhoorafwagtendes te vervoer toe daar op hulle deur ’n groep mans, wat agter in ’n wit Ford gesit, geskiet is.

 Beide lede en die verhoorafwagtendes is nie tydens die voorval beseer nie.

Op die toneel het die polisie bevind dat die G4S-kontantwa reeds opgeblaas is en langs die  kontantwa ’n lyk van ’n man wat die voorlopig ondersoek laat blyk dat hy ’n verdagte was, gevind. Hy is heel moontlik tydens een van die ontploffings onthoof. In Uitgebrande 3-reeks BMW is ook op die toneel gevind en daar is vasgestel dat dit in Desember in Kagiso gesteel is.

Enige persoon met inligting word versoek om kol. Athlenda Mathe by 0820408808 te skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: