Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 14 410 meer geword. Daar is nou in totaal 1 127 759 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 30 524 en 920 879 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 6 828 147 272 toetse vir die virus doen.



