Na 95 dae in hospitaal met Covid, op pad huis toe

Foto: Skermgreep

Lisa se familie glo haar herstel is niks anders as ‘n wonderwerk nie omdat niemand gedink het sy gaan huis toe kom nie.

Lisa Martin (49), ’n ma van vier van Georgië, is ná 95 dae in twee hospitale en twee rehabilitasiesentrums, tydens haar Covid-9-stryd, terug by die huis. Lisa was 30 dae in ’n medies geïnduseerde koma en 40 dae aan ’n ventilator gekoppel.

Positief getoets

Lisa is op 27 September 2020 na ’n hospitaal geneem nadat sy en haar man, Jeff Martin, positief vir die virus getoets het. Sy het eers gedink sy gaan net ’n paar uur in die ongevalle-afdeling deurbring, maar is eers na meer as drie maande ontslaan. Lisa het ’n beroerte gehad terwyl sy in die koma was en moes weer van voor af leer praat, loop, sluk en eet.

“Ek moet 24 uur per dag suurstof kry en ek moet lang afstande met ‘n loopraam loop of in ‘n rolstoel ry. Die dokters dink ek gaan volkome herstel,” sê Lisa Martin aan Wkyc. Studois, ‘n oorsese koerant.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *