Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 12 601 meer geword. Daar is nou in totaal 1 113 349 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 30 011 en 91 1573 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 6 780 272 toetse vir die virus doen.



