Trap fiets soggens in jou bed

Maak hierdie jaar dit deel van jou roetine om ’n paar minute elke dag aan oefening af te staan. Hierdie lugfietsry-oefening kan jy soggens in die bed doen voor jy opstaan.

Wanneer jy dié oefening doen, oefen jy hoofsaaklik ’n verskeidenheid van maag- en heupspiere.

  • Lê op jou rug op ’n oefenmat en hou jou laerug teen die mat.
  • Lig jou bolyf van die mat af (jou skouers) terwyl jy jou knieë tot bo jou bolyf bring en jou bene parallel met die vloer hou.
  • Strek jou regterbeen reguit uit sonder om die vloer te raak. Hou jou linkerknie gebuig en linkerbeen parallel met die vloer.
  • Wissel jou jou knieë af. Strek nou jou linkerbeen uit terwyl jy jou regterknie na jou bolyf bring (soortgelyk aan die fietsry).
  • Herhaal hierdie stappe vinnig na mekaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *