“Hierdie was ’n stresvolle jaar. Stres kan meer skade as Covid-19 doen. Om vir lang tye aaneen te stres kan sleg vir jou liggaam wees,” sê doktor Dawson Church, skrywer van die boek Mind to Matter.
Wanneer jy negatiewe gedagtes het, vrees het, negatiewe oortuiging het, dan begin jou kortisolvlakke styg. Kortisolvlakke wat heeltyd hoog bly, het ’n slegte effekte op jou liggaam.
Die wêreld is gevul met baie negatiewe dinge en daarom kan dit moeilik wees om jou brein met positiewe denke te vul. Ons brein is evolusionêr aangepas om aandag aan slegte dinge te gee.
Om jou brein te verander, kan harde werk wees. Die proses bestaan uit meditasie en baie tyd. Moenie toelaat dat jou brein deur negatiewe gedagtes oorgeneem word nie. Ja, jy gaan negatiewe goed op die internet lees, maar maak altyd seker jy lees ook die goeie dinge.
“In Februarie toe almal na al die slegte dinge in die wêreld gekyk het, het ek altyd iets positiefs gesoek. Ek het dit my prioriteit gemaak om elke storie oor positiwiteit te gaan soek. Ek het gelees in Iran, waar al die moskees gesluit was weens die pandemie, het vroue bymekaargekom en maskers begin maak. Daar is baie uitdagings in Iran en hulle het maskers begin maak. Daar was glo geen maskers in Iran nie. Hulle het die maskers met die hand gemaak en uitgedeel,” sê Church.
Volgens Church het ’n studie bevind een gelukkige persoon veroorsaak dat jou buurman 35% meer geneig is om ook gelukkig te wees. Sy buurman, wat die persoon nie eens ken nie, is 15% meer geneig om gelukkig te wees. Dieselfde gebeur met mense wat ontsteld en bang is.
Mense wat in diep meditasie is se temporale pariëtale aansluiting, wat help om op gevoel van propriosepsie, ligging en ruimte te reageer, skakel af. Daardie gedeelte van die brein word donker.
Church leer mense in sy nuwe boek hoe om stres te hanteer. Hy leer mense hoe om op ander dinge te fokus. Moenie dat die dinge wat jy lees en sien jou lewe negatief beïnvloed nie. Volg Church se raad en kyk by die venster uit om die mooi blomme te sien en die voëltjies te hoor fluit.



