R61 miljoen se goud glo in tasse gevind

Foto: SAPS

DURBAN. – Drie mense het vandag in Kempton Park-landdroshof verskyn nadat 73,5 kg se goud ter waarde van R61 miljoen na bewering in hulle handbagasie op die OR Tambo-lughawe gevind is.

Die drie verdagtes staan ​​tereg op aanklag van die onwettige handel in edelmetale en die oortreding van die doeanewet. Volgens kol. Athlenda Mathe bestaan daar ’n moontlikheid ​​dat die aanklag van geldwassery en bedrog in ’n latere stadium bygevoeg kan word.

Mathe sê terwyl die ondersoek voortduur, is die Valke deur Interpol in gesprek met owerhede in Madagaskar, Dubai en Ethiopië om vas te stel waar die goud vandaan kom en waarheen dit op pad was. Die saak is tot 12 Januarie uitgestel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *