Ram: 21 Maart – 19 April
Soek ’n emosionele uitlaatklep soos hierdie week begin. Dinsdag, Woensdag en Donderdag sal jy in die bui vir avontuur wees, maar teen Vrydag sal jy terug in jou roetine moet kom. Probeer gerus Sondag iets doen wat jy geniet.
Bul: 20 April – 20 Mei
Jy kan hierdie week ’n risiko op die romantiese gebied neem. Jy sal egter kalm en geduldig moet wees. Teen Sondag kan jy rus en sommer bietjie laat slaap.
Tweeling: 21 Mei – 20 Junie
Hierdie week is jy gefokus op jou finansies. Wees versigtig en bedagsaam by ander. Teen Sondag sal jy in ’n bui wees om te flankeer en pret te hê.
Kreef: 21 Junie – 22 Julie
Jou week begin met hope energie en moet nie bang wees om jou drome en doelwitte na te jaag nie. Dit is nou ’n goeie tyd om toekomsplanne te maak, maar teen Sondag sal jy vrede in jou huis met vriendelikheid moet bewaar.
Leeu: 23 Julie – 22 Augustus
Jy sal hierdie week diep dink, maar op ’n goeie manier. Gebruik dit tot jou voordeel en wees rustig. Teen Sondag sal jy meer tyd met ’n spesifieke persoon wil spandeer.
Maagd: 23 Augustus – 22 September
Gebruik hierdie week om jou lewe en jou huis in orde te kry. Jy mag dalk oorweldig voel, maar jou pogings sal die moeite werd wees. Weerstaan hierdie Sondag die versoeking om impulsief te koop.
Weegskaal: 23 September – 22 Oktober
Hou jouself eenkant en stil hierdie week anders mag dit dalk konflik veroorsaak. Jou vriende sal jou deur ’n moeilike tyd dra. Teen Saterdag sal jy nuwe energie hê en teen Sondag sal dit die perfekte dag wees om bietjie te flankeer.
Skerpioen: 23 Oktober – 21 November
Jy sal hierdie week vol selfvertroue wees. Gebruik dit om jou doelwitte te bereik en jouself te bevorder. Pasop dat jou ego jou nie dalk in die moeilikheid kry nie. Sondag sal wel vir jou die duidelikheid bring wat jy nodig het.
Boogskutter: 22 November – 21 Desember
Jy sal nie hierdie week op dieselfde bladsy as ander mense wees nie. Geluk is aan jou kant so waag ’n kans. Sondag sal jy wel baie liefde ontvang.
Waterdraer: 20 Januarie – 18 Februarie
Die week kan vir jou moeilik wees as jy nie geduldig is nie. Moenie te diep dink nie, doen net, al is dit wat jy moet doen baie vervelig. Sondag sal jy wel iets of iemand nuut ontmoet.
Vis: 19 Februarie – 20 Maart
Jou week sal met baie pret en opwinding begin. Jy mag dalk later oorweldig voel, maar dit sal gou oorwaai. Teen Sondag is dit tyd om van ou dinge ontslae te raak.



