Wildkruisings effektiewe oplossing om wilde diere te beskerm

Deel hierdie storie / Share this story

Meer en meer lande ondersteun die bou van kruisings om wilde diere teen botsings met motors te beskerm.  

Volgens National Geography word daar jaarliks ten minste twee miljoen wilde diere gestamp, terwyl hulle ’n pad probeer oorsteek.  Daar is egter een oplossing wat regoor die wêreld opmerklik effektief is in die vermindering van die ongelukke tussen motors en diere wat die pad oorsteek. Studies het bewys in plekke soos Australië en Florida, waar gebruik gemaak word van wildkruisings, het die aantal botsings tussen wilde diere en motors aansienlik afgeneem. Die wildkruisings is veiliger, nie net vir die wilde diere nie, maar ook vir mense.

Kleiner diere gebruik tonnels

Die wildkruisings is nie noodwendig net groot brûe wat oor ’n pad strek nie, maar ook tonnels wat onderdeur die pad gaan. Kleiner diere soos skilpaaie maak gebruik van die tonnels, terwyl groter diere weer die brûe gebruik. Heinings word al langs die pad gespan om diere na die kruisings te lei. Die kruisings is nie net ter beskerming nie, maar kan ook aantreklik vir die oog wees.