Video van Cele wat partytjie hou, glo ou video

Deel hierdie storie / Share this story

’n Video waar Bheki Cele, minister van polisie, sonder ‘n masker partytjie hou, is die afgelope dae op sosiale media gedeel.

“Die polisie se ministerie neem kennis van die video van Bheki Cele wat tydens ‘n sosiale geleentheid partytjie hou. Die video is in 2017 geneem en nie op Oujaarsaand 2020 onder die aangepaste vlak van beperking soos deur sosialemediagebruikers gesê is nie,” sê Lirandzu Themba, woordvoerder van die polisieministerie, op Twitter.