Vrou loop jare lank met naalde in haar brein

Deel hierdie storie / Share this story

’n Chinese vrou was erg geskok nadat sy onlangs uitgevind het sy loop al jare lank met twee naalde in haar brein.

Sy was onlangs in ’n motorongeluk en ’n roetine- CT skandering na die ongeluk het aan die lig gebring dat sy twee 5 cm lang naalde in haar brein het. Die naalde was nie die gevolg van die ongeluk nie en verdere ondersoek het gewys die naalde is al jare in haar brein. Dit was heel moontlik daar geplaas toe sy baie klein was, of as kind deur ’n ongeluk veroorsaak.

Die vrou sê sy het nog geen erge hoofpyne of komplikasies as gevolg daarvan gehad nie en kan glad nie onthou van enige trauma wat sy deurgemaak het nie.