KRANSPOORT – ER24 was vanoggend om 04:58 op ‘n toneel waar ‘n vragmotor wat pale vervoer het, omgeslaan het.
Die voorval het op die N11 naby Kranspoort in Mpumalanga plaasgevind.
Volgens ER24 is twee mense beseer en is hulle op die toneel behandel voor hulle na die Middelburg- provinsiale hospitaal geneem is vir behandeling.



