Toegang tot Jhb-aftreeoord afgesny na brug wegspoel

Foto: Randburg Sun

Inwoners van ‘n aftreeoord in Johannesburg is geaffekteer na ‘n brug, wat die enigste manier tot by die oord was, in ‘n storm weggespoel het.

Die Fifth Road-brug is Maandagaand ernstig in ‘n vloed beskadig. Die Johannesburg Roads Agency (JRA) het reeds ondersoek ingestel om vas te stel hoeveel skade in die storm aangerig is.

Dié brug is die enigste manier tot by die Sunrise Estate-aftreeoord en volgens JRA kan dit tot ses maande neem om die brug ten volle te herstel. Daar is intussen ‘n kontrakteur en ingenieur aangestel om ‘n tydelike pad na en van die aftreeoord te bou.

Bron: News24

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: