Verlief, verlore en verloof

Deel hierdie storie / Share this story

“Liefde wen altyd.” Dit is die woorde van ’n paartjie wat nou vyf dae verloof is. Nikki Botha (23) en Erika Pretorius (19) het op Kersdag verloof geraak.

Woonagtig in Heidelberg, ken hulle mekaar al vir amper vier jaar en het op sosiale media ontmoet.

“Dit was in 2017 en na ons ontmoeting het hy my op die liedjie A thousand years uitgevra. Hy het my gevra of ek sy meisie vir altyd sal wees. Soos elke meisie ’n droom het, het myne waar geword. Ek het natuurlik JA gesê,” vertel Erika.

Die liefde seëvier

“Ons is nou vir vyf dae verloof. Dit was die beste besluit wat ek in my lewe geneem het. Meisies, glo my, ware liefde bestaan. Glo en vertrou. Doen aan jou geliefde wat jy aan jouself gedoen wil hê. Opregte mans bestaan. Butterflies lewe elke dag binne my maag.”

“Tot nou toe is ons die gelukkigste. Elke verhouding het hulle ups and downs, maar dit is die moeite werd om by mekaar te staan en mekaar te ondersteun. Liefde wen altyd!”