Motor en motorfiets in botsing betrokke

KWAZULU-NATAL. – ’n Motorfietsryer en motor was gistermiddag om 17:00 in ‘n botsing op die hoek van Sunford- en Allerfordrylaan in Durban betrokke.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die motorfietsryer het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer. Daarna is hy met ’n Netcare-helikopter na ‘n hospitaal geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: