Keer voor jou hond uitglip

Foto: Canva

Honde dwaal al hoe meer in die strate rond. Nie almal is rondloperhonde nie, party het wel eienaars. Dit gebeur soms dat jou hond by jou erf uitglip en hy dan verward in die strate rondhardloop.

Tref die volgende voorsorgmaatreëls

  • Loop rondom op erf en kyk vir enige gate waar jou hond dalk kan deurkruip.
  • Sit jou honde binnenshuis wanneer jy die motors by die hek uittrek.
  • Sit ’n bandjie om jou hond se nek met ’n naamplaatjie en nommer op.

Wat om te doen as jy ’n hond in die straat sien

  • Neem ’n foto van die hond om op sosiale media te plaas.
  • Sit ’n inskrywing op sosiale media. Onthou om jou nommer by te sit indien mense wil navraag doen.
  • Hou altyd jou oog op die hond sodat jy vir die mense kan laat weet waar hy rondloop.
  • Vang die hond indien hy nie aggressief is nie.
  • Hou die hond by jou of neem hom na die Dierebeskermingsvereniging (SPCA).

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *