Almal weet hoe om aarbeie en tamaties in die kombuis te gebruik. Het jy geweet jy kan dit aan jou vel smeer? Maak hierdie bestanddele ook deel van jou velsorgroetine vir ’n helder sagte vel.
Aarbei
Meng aarbeisap met verhitte gemaakte botter. Smeer die pasta aan jou gesig en los dit vir 30 min. aan voor jy dit met warm water verwyder. Die masker sal jou bleek vel ophelder. Die botter maak ’n droë vel weer sagter.
Tamatie
Meng die sap van ’n ryp tamatie, suurlemoensap en gliserien. Masseer jou hande met hierdie room. Die tamaties bevat vitamiene en dien as ’n room om jou hande sag te maak.
Volg FiND iT hier.



