Die land se grense bly oop

Dr. Nkosazane Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het vanoggend in ’n verklaring oor die aangepaste vlak drie gesê Suid-Afrika se grense gaan vir eers oopbly.

Dlamini-Zuma sê daar is geen beperkings op internasionale reis ingestel nie. Plaaslike vlugte gaan ook soos normaal voortgaan.

“Mense kan steeds na gimnasiums, restaurante, casino’s, biblioteke, museums en galerye gaan. Hulle moet ’n maksimum van 50 binne wees en 1,5 meter uit mekaar wees. Alle plekke moet om 20:00 sluit. Buite kan dit 100 mense wees, as ’n restaurant sitplek buite het. Bioskope is dieselfde, jy kan nog steeds na die teater gaan, maar wees gehoorsaam aan die maatreëls,” het Dlamini-Zuma vanoggend in haar toespraak gesê.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *