Miljardêr (39) sterf na vermeende vergiftiging

Deel hierdie storie / Share this story

Lin Qi (39), die Chinese miljardêr wat die Game of Thrones-speletjies vervaardig het, is dood nadat hy glo op Kersdag vergiftig is.

Volgens BBC is een van sy kollegas die hoofverdagte in sy moord. Lin het homself by ’n hospitaal ingeboek nadat hy begin sleg voel het. Yoozoo, speletjiemaatskappy in China, het Vrydag die nuus van sy afsterwe bekendgemaak. Daar word geglo dat Lin ‘n netto waarde van ongeveer 6,8 miljard yuan ($1.3 miljard) gehad het.

Volg FiND iT hier.