Spookstorie-reeks: Bloedrooi hare, pikswart oë

*** Spookstories word deur FiND iT-lesers ingestuur en is nie die opinie van FiND iT nie.***

Stuur jou spookstorie na tania@find-it.co.za.

My hele lewe lank is ek getreiter deur die onderwêreld. Noem dit, ek was daardeur. Spoke, demone, goëlery, teistering, maar die volgende sal vir ewig by my spook. 

In Desember 2017 het ek by my ouma se huis gekuier. Ek het besluit om te gaan stort voor almal die warm water opgebruik. Ek was alleen in die huis, want almal was buite by die vuur. Blissfully unaware het ek gestort, maar toe hoor ek n fluisterende stem. Ek kan nie onthou wat gesê was nie, maar ek weet ek het rillings tot in my kleintoontjie ervaar. Ek het besluit om vinnig klaar te maak en uit te hardloop, maar SY het my gekeer. 

Bloedrooi hare, pikswart oë, geklee in ’n pikswart mantel. Sy het vir my met haat in haar oë grkyk. Sy het begin skree, maar ek het nie my nie daaraan gesteur nie en daar uitgehardloop. Sy het my gevolg. Ek was teen die muur vasgeslaan en kon nie beweeg nie. Ek het gevoel hoe haar vingers in my arms druk. Een of ander tyd het ek my bewussyn verloor. Toe ek wakker word, sit ek met kloumerke op my arms en bene. 

My ouma het my vertel, dat ek nie die enigste een is wat haar al gesien het nie. Sy spook al jare in ons familie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *