Land skuif na vlak drie

Die president sê die land skuif na vlak drie vanaf vanaand 24:00. Die vlak sal aangepas word om die ekonomie sterk te hou.

’n Persoon wat asimptomaties is, kan mense by ’n samekoms aansteek. Almal moet maskers dra, hande reinig en ’n veilige afstand hou.

  • Alle binnenshuise en buitelugbyeenkomste word vir 14 dae verbied, behalwe begrafnisse, vanaf vanaand 24:00. Net 50 mense mag ‘n byeenkoms bywoon. Besighede kan self hulle hoeveelhede mense bestuur.
  • Aandklokreël is van 21:00 tot 06:00, alle besighede moet al 20:00 toemaak.
  • Almal moet ’n masker in die openbaar dra. Diegene wat nie maskers dra nie kan in hegtenis geneem word. Dit kan tot ’n boete of tronkstraf lei.
  • Alkoholverkope word verbied. Reëls oor verkope op persele sal later bekendgemaak word.
  • Die reëls sal tot 15 Januarie 2021 gevolg moet word.
  • Alle strande en parke sal vanaf môre gesluit wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *