Water drink is nie vir almal lekker nie. Party verkies ’n glasie sap of selfs gaskoeldrank. Om elke dag genoeg water te drink, is baie belangrik. Met die dae wat al hoe warmer word, moet diegene wat ’n aktiewe leefstyl volg, meer water inneem om gehidreer te bly.
Hoe kan ek water vir my smaakliker maak? Wat kan ek in my water gooi?
Voeg komkommer, suurlemoen en gemmer by jou water
- Gee ’n gesonde gloeiende vel.
- Verskaf verhoogde energievlakke.
- Verwyder ongewenste gifstowwe uit jou liggaam.
Gooi appel en kaneel in jou water.
- Verskaf verhoogde energievlakke.
- Verskaf antioksidante en flavonoïede.
- Verminder pyn wat verband hou met menstruele krampe.
- Help om die bloedsuikervlak te verlaag.
- Verminder risiko van hartsiektes.
- Verminder cholesterol.



