“My seun is nie daardie persoon nie … Ek het in die video gesien dat daar ander seuns is wat my seun uitgelok het. Hy is nie ’n slegte kind nie. Ek is in ‘n miljoen stukke,” sê die ma van die seun wat in ’n video ’n bejaarde man met die elmboog geslaan het aan Daily Voice.
Oral op sosiale media gedeel
Dit volg na die video van die seun oral op sosiale media gedeel is. In die video sê die persoon wat die video neem die bejaarde het in die jongman se gesig gespoeg en hy kon dit nie so los nie. Daarna moedig hy die jongman aan om iets aan die bejaarde te doen.
FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die Woodstock-polisie is bewus van die videogreep wat op sosiale media gedeel word en die saak word ondersoek.
Volg FiND iT hier.



