Hou die kinders só besig: Raak kreatief

Moedig jou kinders aan om vrye teuels aan hulle verbeelding te gee hierdie vakansie.

Maak seker dat daar genoeg gekleurde karton, inkleurpotlode, kleurpenne, verf, gom, krale, knope, lyn, lint en houtstokkies in die huis is. Sit dalk n bietjie musiek aan, sit dan self op jou agterstewe in die sitkamer en raak kreatief.

Daar is geen perke wanneer dit kom by kreatief dink nie. Wys vir jou kinders hoeveel moontlikhede daar is om te maak. Van boekmerke, papierblomme, papierpoppe, eenvoudige juwele met ingerygde krale, ʼn gevlegte vriendskapsbandjie, ʼn stel skryfbehoeftes, versierde wasgoedpennetjies of selfs geskenkpapier om Kersgeskenke mee toe te draai.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *