Man wat eksmeisie glo aanval, noodlottig gesteek deur ma en suster

KALIFORNIË. – ’n Man wat glo sy eksmeisie se huis ingebreek en haar aangeval het, is deur haar ma en suster noodlottig geslaan en met ’n mes gesteek.

Die man het glo ’n baksteen deur die ruit gegooi en sy eksmeisie (37) gewurg terwyl hy haar herhaaldelik in die gesig geslaan het.

Haar ma en suster het hom van haar probeer afkry, maar toe hulle dit nie regkry nie, het hulle hom met ’n gholfstok en ’n kombuismes begin aanval.

Volgens owerhede kon hulle by hulle aankoms by die toneel, ’n vrou hoor skree. Hulle het die man met menige steekwonde en kneusplekke dood op die vloer aangetref.

Die slagoffer van die aanranding is na ’n plaaslike hospitaal vir behandeling geneem.

Die ma en suster is glo nie in hegtenis geneem omdat hulle in selfverdediging opgetree het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: