Covid-19 in SA: Só lyk die syfers nou

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.

Die infeksiesyfer het oornag met 14 046 meer geword. Daar is nou in totaal 954 258 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 25 657 en 811 372 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 6 269 776 toetse vir die virus doen.