Man vyf keer voor hof geskiet

KIMBERLEY – ‘n Man, wat vermoedelik in sy laat 30’s is, is vanmiddag voor die landdroshof in Kimberley geskiet.

ER24 sê die man is vyf keer in sy arm, skouer, rug en bors geskiet.

“ER24-paramedici het om 16:30 op die toneel aangekom. Polisie en ander nooddienste was reeds op die toneel.”

ER24-personeel het oorgeneem en die man op die toneel gestabiliseer voor hy na die hospitaal geneem is.

Verdere details oor die voorval is nog onbekend. FiND iT het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer. Hou FiND iT dop vir meer inligting.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *