NDZ staan aansoek oor oopmaak van strande teen

Deel hierdie storie / Share this story

“Dit is die regering se wetlike plig om Suid-Afrikaners teen die uitwerking van die Covid-19-virus op die menslike liggaam te beskerm.”

Só sê dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), oor die aansoek om die sluiting van strande as ongrondwetlik te verklaar.

Dié dringende aansoek is verlede week ingedien na president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat sekere Suid-Afrikaanse strande vir die feesseisoen gesluit sal wees.

Die aansoek word Dinsdag in die hof in Pretoria aangehoor.

Die aansoek word volgens Dlamini-Zuma teengestaan om “lewens te red”.

Dlamini-Zuma sê verder in haar verklaring hospitale in die Tuinroete-gebied is steeds oorvol en deur strande te sluit, verminder die regering die kans op oordrag van die virus.