Kinders is gewoonlik verbeeldingryk genoeg om enige aktiwiteit te kan geniet.
Pak van jou ou klere, skoene, juwele en grimering uit. Vra vir Ouma en Oupa vir ‘n mooi rooi hoed of ‘n paar kruisbande en laat die kinders kreatief raak met kostuums vir foto’s of selfs ‘n konsert.
Laat hulle vir die konsert oefen, uitnodigings maak, die verhoog opmaak en stoele regpak vir die gehoor! Só behoort jy hulle die hele dag te kan besig hou.



