“Ek het nie tyd nie,” is die eerste verskoning wat jy noem wanneer jy moet begin oefen. Kry oefeninge wat in jou skedule pas en nie baie tyd neem nie.
Dié oefening kan jy soggens voordat jy uit jou bed uit opstaan, doen.
Kussing tussen jou bene
Hierdie is ’n kragoefening wat die iliopsoas (die voorste heupfleksors) teiken. Jy gebruik ook jou maagspiere om jou liggaam te stabiliseer. Hoe sterker jou spiere word, hoe makliker gaan jy die oefening uitvoer. Knyp ’n kussings tussen jou bene vas om hierdie oefening bietjie moeiliker te maak.
Volg die stappe:
- Lê op jou rug met jou bene reguit en teen mekaar.
- Lig jou bene op tot jou voete na die plafon wys.
- Sak jou bene stadig af tot net bokant die vloer. Moenie dat jou bene aan die vloer raak nie en hou vir drie tellings.
- Lig jou bene weer op en herhaal.
ONTHOU: Hou altyd jou bene so reguit as moontlik.



